Lofdal Sorgsentrum

'n Tehuis vir bejaardes met 24 uur versorging.

Lofdal Sorgsentrum is 'n tehuis geleë in Pretoria-Noord vir bejaardes wat 44 inwoners kan huisves en bied 24 uur versorging aan.

Ons span bestaan uit:

  • 'n Bestuurder

  • 'n Opgeleide Suster

  • 12 Versorgers waarvan 3 gelyktydig aan diens is

  • 2 Staf Verpleegsters

  • 2 Assistente

  • Ondersteunende persoon wat verantwoordelik is vir skoonmaak, wasgoed en kos.

Sorgsentrum opset:

Hier is almal​ deel van een groot familie.

  • 9 Kamers met 2 beddens in:

Hierdie kamers is gewoonlik vir ons mees verswakste bejaardes aangesien die kamers naby die diensstasie is.

  • 5 Kamers met 4 beddens in

Die kamers is ruim en daar is genoeg spasie tussen die beddens en kassies vir bejaardes om gemaklik rondom die bed te beweeg.​

Die kamers het elkeen 'n klein badkamertjie wat bestaan uit 'n wasbak, toilet en stort.  Die stort het 'n bankie in waarop  inwoners kan sit om te stort.

Staatspasiënte:

Die kliniek dokters besoek die huis een keer per week indien dit nodig is.  Alle staatsmedikasie word by die tehuis afgelewer vir inwoners.

Doeke:

Doeke word aangekoop deur verskaffers.  Geld kan in die sentrum se snoepie rekening betaal word vir die aankoop van doeke soos benodig word.

Verblyf kostes:

R9000.00 per maand.

Administrasie kostes:

R2000.00 eenmalig voor inwoners intrek.

Ander:

Alle beddegoed word voorsien.  Inwoners bring net hul eie klere, 'n kombers en kussing saam.  Inwoners is ook verantwoordelik vir hulle eie toiletware.

© 2020 Lofdal Sorgsentrum

  • Facebook